Dit is vir ons
'n voorreg om u te verwelkom by die
amptelike webblad van Hoërskool Wesvalia.
Ons glo dat u die reis deur Hoërskool
Wesvalia se webwerf sal geniet en op
hierdie manier meer omtrent ons skool te
wete sal kom.
By Hoërskool Wesvalia glo ons dat elke
leerder belangrik is en daarom fokus ons
op die optimale ontwikkeling van elke
individu se potensiaal, vaardighede en
talente.
Daar is dus 'n plek vir elke leerder in
Hoërskool Wesvalia. Ons leerders gee vir
mekaar en ook vir die gemeenskap, om.
Die Wessies is bekend vir die feit dat
hulle saamstaan deur dik en dun.
As ons speel -
speel ons hard maar as ons werk - werk
ons kliphard!
Ons skoolleuse
vergestalt in ons prestasies nl. WERK,
WAARHEID, WYSHEID. Ons is trots
daarop om ons leerders daarop te wys dat
harde WERK met WAARHEID daarby tonne
WYSHEID bring vir altyd.
As die
toppresterende skool in Klerksdorp vir
etlike jare, doen ons steeds ons
opvoedkundige doel gestand deur
voortdurend onder die top drie skole in
Noordwes te tel.
 |